Wie is ons

Marais & Kie Sleutelmakers word tans besit en bedryf deur Gert en Annalize Kotzé, dogter en skoonseun van Frikkie Marais. Gert en Annalize het in Desember 2001 afgetrek vanaf Johannesburg om die besigheid oor te neem.

Gert is 'n elektro-teknikus wat vir jare werksaam was by die Benoni stadsraad. Annalize was 'n stelsel analis werksaam by SAL.

Frikkie Marais het reeds in 1965 die winkel oorgeneem by sy vader - Gawie Marais. Die besigheid is oorspronklik in die 1800's gestig en het gehandel onder die naam: Smuts, Du Toit en Seun. Dit is in 1933 oorgekoop deur die Marais familie.

Frikkie Marais is 'n ou bekende in die Paarl en besoek die winkel gereeld om 'n handjie by te sit of om raad te gee.

Dit is vir ons 'n plesier om die mense van die Paarl te bedien.

   

2002 Marais & Kie Sleutelmakers. Alle Regte Voorbehou.

Ontwerp deur HARDEGAT Internet Oplossings