Produkte & Dienste

Ons het 'n groot verskeidenheid produkte en dienste wat al jou sekuriteits behoeftes sal aanspreek! Ons bedien die Paarl gebied al vir 40 jaar en is geskoold in al die tipe slotte wat in ons area ge-installeer is.

Ons 60 jaar plus gekombineerde ondervinding verseker dat ons nie net bekend is met vandag se nuwe produkte en tegnologiŽ nie - maar ook die slotte en sleutels en kluise van 10 to 40 jaar gelede wat jy waarskynlik in you huis of besigheid sal aantref.

Ons opgradeer ons toerusting gereŽld en het onlangs toerusting aangekoop wat ons op standaard bring met die jongste tegnologie in voertuig sekuriteit. Dit verseker dat ons 'n sleutel vir jou motor kan sny van die slot af - of dupliseer - wat so goed pas soos dit maar kan - teen 'n heelwat goedkoper prys as wat jou motorhandelaar dit verskaf.

Hier onder is 'n lys van al die produkte en dienste wat ons gewoonlik verskaf. Ons bied ook heelwat ander sekuriteitsverwante dienste - so skakel ons gerus en vra!

Produkte

  • Slotte (alle tiepes)
    Hangslotte
    Inlaatslotte
    Oplegslotte
    Knipslotte
    Kluisslotte
    Veiligheidsdeur slotte
    Antieke slotte en sleutels
    Motorslotte (ons sal bestel vir jou)

  • Kluise

    Ons het 'n seleksie van wapenkluise beskikbaar en kan jou help om die kluis te vind volgens jou behoeftes. Indien jy iets groter nodig het - ons kan daarmee ook help!

  • Klaargesnyde sleutels

    Ons het al die klaargesnyde sleutel vir al die gewilde inlaat- en aanlegslotte van vandag in gister in vooraad: Solid Y, CD, N reekse, Union (MH,MM,MB,MU & RF), Gerex

  • Elektroniese Sekuriteitsprodukte

    Ons kan jou help met 'n alarmstelsel wat jou behoeftes pas. Ons installeer alarmstelsels en CCTV stelsels. Ons verskaf ook batterye vir alarmstelsels.

  • Sleutelringe, Sleutelhoures, Kram & oorslag, etc . . .

Dienste

  • Sleutel duplikasie

    ENBIGE SLEUTEL! As ons dit nie kan doen nie - laat doen ons dit vir jou by ons verskaffers!
    Inlaatslot sleutels
    Knipslot sleutels
    Veiligheidshek sleutels
    Kluis sleutels
    Silinder alarm, Abloy, Star
    Motorsleutels vir elke vervaardiger beskikbaar:
    Ford: Saphire, Fiesta, Bantam
    Sy-rekenaarsnit: BMW, Merc, Audi, Volkswagen
    Gewoone platstaal: Nissan, Toyota, Isuzu, Leyland, Landrover etc

  • Sleutels gemaak vanaf slotte

    Bring vir ons jou slot, of bring sommer jou motor! Ons maak 'n sleutel vanaf jou slot sonder enige skade aan jou motor of slotte.

  • Installeering & diens op jou perseel

    Ons kan jou adviseer met die mees effektiewe maniere om die veiligheid van jou eiendom op te gradeer en sal die slotte vir jou installeer! Of - as die die doen-dit-self tiepe is - sal ons die regte slotte vir jou verskaf.

  • Oopmaak van kluise, geboue en voertuie

    Voel jy uitgesluit? Ons kan help. Ons sal jou kom red uit die verleentheid. Moenie daai venster breek nie! Jy wil nie weet wat dit kos om 'n motorruit te vervang nie!

    Ons maak enige voertuig oop. Ons verbinding met LASA (Slotmakers Vereniging van SA) verseker dat ons op hoogte bly net die nuutste tegnologie om in jou motor in te kom sonder enige skade.

    Ons maak kombinasie slotte vir kluise of gewone slotte vir kluise oop, asook enige huishoudelike deur.

   

©2002 Marais & Kie Sleutelmakers. Alle Regte Voorbehou.

Ontwerp deur HARDEGAT Internet Oplossings